Man met niks

Net ‘n klein wit rol
van my planne hol,

brein en kerk ‘n skip,
soos ’n hok wat skik,

dubbel-laag-lekker weghol
met ‘n klein wit rol.

‘n laaste velletjie hang
verstaanbaar bang

uit die klein wit som,
verdwyn aan’t kom.

Oor waardes wat glip
spoel ons tip na tip

maar erkenning
vra na verrekening.

(met apologie en respek aan DJO)

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *