vir Pieter
Hy het nie vir duidelikheid gebou nie—
maar vir rook.
’n Spieël,
half-glas, half-sluier,
omraam met tape en trilling.
Kan jy jouself sien
terwyl jy gesien word?
Kan jy praat
as artefak?
Van kosmos tot kutikula,
van NASA se blik
tot die grein van vel—
die makro vou
in hierdie asem.
Nie dokumenteer nie—
navigeer:
feit en fiksie,
intuïsie, sny,
verlies, herbou.
Hy het paradoks
sonder vrees vir brand
vasgehou.
Nie vir die cum laude nie—
maar vir aanhou.
Deur as, deur gemors,
deur stories wat breek
eerder as eindig.
Die spieël hoef nie helder te wees nie.
Die rook hoef nie te lê nie.
Die vlam,
dansend,
is genoeg.
Perfekte vertaling. Neem aan Afrikaans was die eerse weergawe? “Maar vir aanhou, deur as, deur gemors …” en wat daarop volg, vind weerklank.
Nee, dit het eindlik begin as a ‘speech’ in meestal Engels – wat ek toe in ‘n poem omskep het, toe in Afrikaans in vertaal het omdat ek Pieter meer in Afrikaans ken – as dit sin maak -, en toe besluit het om die tale te probeer verweef… https://andresclements.com/1188/about-the-edge-of-the-mirror-code-switching-as-device-and-portal/